NG KERK WESSELSBRON Bevestiging Ds. C.M. Rautenbach (2025)

Na die afsterwe van Dr. Johann Faasen in 2012 is die leraarspos vakant. Vir die grootste gedeelte van dié tydperk het Ds. Bennie Stander waargeneem as leraar.

Die pos word geadverteer en 32 predikante doen aansoek, waarvan vyf op die kortlys kom en die volgende drie leraars word uitgenooi om ‘n proefpreek te kom lewer:

  1. 1)Ds. C.M. Rautenbach, vanaf NGK Prieska.

  2. 2)Ds. C.W. Greeff, vanaf NGK Sanddrift.

  3. 3)Ds. A. Kemp, vanaf NGK Musina.

Ds. CM Rautenbach

22 November 1960 maak ek kennis met moeder aarde en sien vir die eerste keer lig. Die tweede kind van vier. Heloïse die oudste, Liza na my en Deric die jongste. Met pa George in die weermag en ma Elizabeth aan sy sy, trek ons stadig maar seker deur die land. Oudshoorn, Windhoek, Bloemfontein, Zeerust, Durban. Dit is in Durban waar ek op 5 jarige ouderdom in Durban-North Primary op die skoolbanke beland. Gou daarna in Oos-Londen en ek in Selborne Primary. Hierna vertrek ons Krugersdorp toe waar ek in Monument Primary beland. In st. 2 gaan boer ons op oupa se plaas in Kirkwood en vir die eerste twee jaar is ek in Sunland Dubbel Medium Skool. Aan die einde van my st. 3 jaar besluit ons ouers om ons in Kirkwood Laerskool oor te plaas. M.a.w. van st. 4 tot matriek voltooi ek my skool loopbaan in Kirkwood.

In Januarie 1979 assisteer ek in die Staande mag en vertrek na Heidelberg (Tvl.) om my basiese opleiding te voltooi. Na drie maande beland ek in Youngsfield, 4 Elektroniese Werkswinkel waar ek vir vier jaar ʼn ambag doen en as radar tegnikus kwalifiseer. In die begin van my 4de jaar roep die Here my baie duidelik en oombliklik om predikant te word.

Tydens my roeping was ek reeds aan Melinda Henn verloof. Sy het in Parow by Saambou Bank as klerk gewerk. Gebore op 15 Januarie 1960 in Bellville. Melinda het in Parow groot geword. St. 1 tot 5 in Laerskool Parow-Wes en tot matriek in Hoërskool President. Saam met pa Abie en ma Stella het Melinda as oudste van drie kinders, Sandra en Johan, die jongste in Parow groot geword. Na matriek het Melinda by Saambou gewerk.

Tot my vreugde besluit Melinda om die pad van sewe jaar saam met my te loop. Ons is 18 September 1982 getroud en Februarie 1983 begin ons avontuur op Stellenbosch.

ʼn Wonderlike avontuur voorwaar, want op 27 Mei 1985 is ons eersteling seun Eben gebore en daarna op 22 Februarie 1988 is Pierre gebore. ʼn Wonderlike pad wat ons saam geloop het. Geleer om elke sent twee keer om te draai, en tot laat aand en vroeg oggend voor die boeke gesit. Uiteindelik op 30 November 1989 lê ek my legitimasie eed af. Die eerste fase van God se roepingspad is voltooi.

Ons eerste ervaring van die bediening was ʼn proponentspos in Gansbaai van April 1990 tot einde September 1990. En toe die beroep na Prieska, die plek van die verlore bokooi. Op 13 Oktober 1990 is ek bevestig en met die begin van ons reis in Prieska arriveer ons meisiekind Melicha, op 28 Oktober 1990.

Ons sou ons op hierdie fase van God se pad maklik met Moses kon vereenselwig. Oor berge en dale. ʼn Lang en onbeskryflike pad waarin die Here ons in die bediening leer loop het en waar ons volwassenheid kon bereik. Ervaring, mooi en minder mooi. Tye van trane en vele vreugdes. Ons het leer vertrou op die enigste God wat altyd getrou is. In Prieska het ons waarlik God se allesomvattende genade ontdek. Sy genade wat by die doop begin en die fondament van my wese geword het.

Ek het die voorreg gehad om met 5 kollegas in Prieska saam te werk. Van 1990 tot 1999 Ds. Hendrik (Guy) Roberts; 2000 tot 2005 Ds. Mossie Mostert; 2005 Ds. Van Rooyen Terblanche tot en met my vertrek op 30 Junie 2013. Verder was Ds. Jacques du Toit van 2006 tot 2008 en Ds. Nioma Venter van 2008 tot 2013 medeleraars gewees. Op 28 Mei 2013 ontvang ek die beroep na Wesselsbron en word die 14 Julie 2013 bevestig.

Melinda het tydens ons vertoef in Prieska vir ʼn aantal jare as klerk by die Kommando gewerk en vir die laaste 6 jaar as klerk by die plaaslike dokters se spreekkamer.

Ons kinders het die voorreg gehad om almal aan Hoërskool Prieska te matrikuleer. Eben is getroud met Tanja en werk as Biokinetikus in Bloemfontein. Pierre studeer tans by Kovsies aan ʼn graad in Konstruksiebestuur en Melicha is 4de jaar Tandheelkunde student aan UWC in Kaapstad.

Die keuse val op Ds. C.M. Rautenbach en hy word op 28.5.2013 beroep na NGK Wesselsbron, waar hy op 14.7.2013 bevestig word.

vlnr voor: Nadine (Pierre se vriendin) Tanja (Eben se vrou) Ma Elizabeth,

Ds. Michael Rautenbach, Melinda en Pa George Rautenbach.

vlnr agter: Eben *27.5.’85, Melicha *28.10.’90 en Pierre *22.2.88.

Orrelis tydens die diens,

Mev. Lenie du Plessis.

Haar kleindogter Lenie Fick kyk toe.

Begeleier tydens die voorsang, Mnr. Marnus Stiglingh.

Onder: Johan van Zyl het die digitale bord beman.

Ds. Van Rooyen Terblanche van Prieska wat die bevestiging

waargeneem het wens die Rautenbach’s geluk en groet sy

vriend en kollega.

VOORSANGERS UIT BEIDE NG GEMEENTES

vlnr: Toppa Fick, Pieter Rheeder, Valerie Maas, Arno Wessels,

Lettie Baxter en Hannes Thiersen.

Ds. Rautenbach en sy gesin neem hul plekke in.

In die konsistorie - leier ouderling Manie de Jager, Di. Rautenbach en Stander.

Ds. Rautenbach antwoord en spreek die seën uit.

Die nuwe leraarspaar, Ds. Michael en Melinda Rautenbach.

Reeds van vroegoggend is daar voorbereidings gedoen in die kerksaal. Miriam Mphatsoe het selfs gesorg dat die straat skoon is!

Ds. Arno Kotze - Die Ring van Boshof

Ds. Attie Thiersen - Wesselsbron-Noord

< Ouderling Fanie Myburgh van Prieska wat Ds. Rautenbach kom afgee het.

< Mev. Melinda Rautenbach spreek die gemeente toe.

Ds. A. Kotze (Ring van Boshof), Ds. V.R. Terblanche (Prieska),

Ds. C.M. Rautenbach (Wesselsbron), Ds. B.J. Stander (oud leraar),

Ds. A. Thiersen (Wesselsbron-Noord)

Die hooftafel en gemeentelede van beide Wesselsbron gemeentes geniet ‘n middagete van verskeie soorte sop en tuisgebakte brood.

Ds. Michael Rautenbach se bedieningsprioriteite is as volg:

“Daar is drie rolle wat ek as predikant in die gemeente moet vervul, nl:

energeerder (bemagtiging), dissipel en vriend.

Ek glo dat ek deel van ‘n span is wat saam voor loop. In hierdie voorloop is dit ‘n vereiste om naby aan God te leef. Hy moet ons spesifieke rigting gee. Hoe die plan lyk is nie altyd belangrik nie. God was en is lankal reeds in ons gemeentes besig en ons moet leer om te volg waar Hy besig is.”

“Om in ‘n gemeente betrokke te wees, moet ek in ‘n verhouding met God leef.”

“‘n Gemeente, gelowiges wat nie bid nie, kan onmoontlik diensbaar wees. Gebed is die plek waar ‘n gemeente God se stem hoor.”

Op Sondag 21 Julie 2013 lewer Ds. Michael Rautenbach sy intreepreek in die Kerkgebou. ‘n Gemeentetee in die Sysaal sluit die verrigtinge af.

NG KERK WESSELSBRON 
Bevestiging Ds. C.M. Rautenbach (2025)

References

Top Articles
Latest Posts
Recommended Articles
Article information

Author: Rev. Porsche Oberbrunner

Last Updated:

Views: 6069

Rating: 4.2 / 5 (73 voted)

Reviews: 80% of readers found this page helpful

Author information

Name: Rev. Porsche Oberbrunner

Birthday: 1994-06-25

Address: Suite 153 582 Lubowitz Walks, Port Alfredoborough, IN 72879-2838

Phone: +128413562823324

Job: IT Strategist

Hobby: Video gaming, Basketball, Web surfing, Book restoration, Jogging, Shooting, Fishing

Introduction: My name is Rev. Porsche Oberbrunner, I am a zany, graceful, talented, witty, determined, shiny, enchanting person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.